Azhar, Noble hoor 13 April oor aansoek vir verlof tot appèl

Regter Orben Sibeya sal op 13 April uitspraak lewer in die aansoek deur dwelmhandelaars Grant Noble en Dinath Azhar, om appèl aan te teken teen hulle skuldigbevinding op klagte van dwelmhandel. Die twee het die regter vir verlof gevra om die saak in die hooggeregshof te appelleer na hulle elk sewe jaar tronksraf opgelê is. Die twee is onlangs daarvan skuldig bevind dat hulle 412 kilogram kokaïen in ‘n vraghouer by die Walvisbaaise hawer ingesmokkel het. Hulle is op 15 Junie 2018 gearresteer.