Azapo vra die afdanking van SA minister Pravin Gordhan
Die Azanian People’s Organisation vra president Cyril Ramaphosa om Pravin Gordhan onmiddellik te verwyder as openbare ondernemings-minister, en persoonlik te verseker die besonderhede van die verkoop van die Suid-Afrikaanse Lugdiens word volledig bekend gemaak. Azapo se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê niks ontbloot die vernietigende gevolge van kapitalisme soos die verkoop van die nasionale lugredery aan ‘n privaat instelling bekend as Takatso en die geheimhouding rondom die transaksie nie.