Azapo vertrou nie ANC in komende verkiesing

Die Azanian People’s Organisation sê hy is bekommerd oor die regverdigheid van die komende verkiesing en beskuldig die ANC daarvan dat hy met die uitslae kan knoei. Azapo sê hy grond sy uitspraak op die ANC se onverskrokke slagspreuk. Die party sê hy neem ook kennis van die gewese sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, wat beweer hy weet hoe die stemme gaan lyk. Die woordvoerder van Azapo, Jabu Rakwena, sê mense moet aandag skenk aan sekere kwessies in die verkiesing en moet die proses fyn dophou.