Ayatollah Ali Khameinei waarsku Israel

Iran se hoogste leier, Ayatollah Ali Khamenei, het Israel se aanval op Gaza as ‘n volksmoord op Palestyne beskryf en sê dit moet onmiddellik stop. ’n Senior bevelvoerder van Iran se Revolusionêre Wagte het ook gewaarsku teen verdere optrede deur Teheran-gesteunde militante groepe teen Israel as dit nie sy aanvalle staak nie. Israel bombardeer die Palestynse gebied van Gaza met lugaanvalle sedert Hamas-vegters op 7 Oktober vanuit die enklave Israel aangeval het.