Axe-lyfsproei maak skaapramme rustig…
‘n Britse skaapboer sê sy het ‘n verrassende oplossing gevind om die aggressie van haar ramme te stuit – Axe-lyfsproei. Die variant, Africa, wat as Lynx in Brittanje verkoop word, verberg blykbaar die hormone wat veroorsaak dat ramme aggressief teenoor mekaar raak. Talle produsente het reeds by haar aangesluit. Ander boere het ook na vore getree en sê die sproei is nie net goed vir ramme nie maar, help om ooie te oortuig om hanslammers aan te neem. Die gebruik daarvan verwar blykbaar die ooie om te dink die lammers behoort aan hulle.