Axali Doëseb, komponis van volkslied, sterf

Huldeblyke stroom in vir Axali Doëseb, komponis van Namibië se volkslied. Doëseb is volgens berigte Donderdagaand in ‘n hospitaal in die hoofstad opgeneem en is vanoggend oorlede. Die 69-jarige Doëseb was ook die dirigent van die Namibiese Nasionale Simfonie. Die adjunkpresident, Nangolo Mbumba sê sy afsterwe laat ‘n groot leemte.