Avokado’s: Ons kan 800t produseer, ons produseer 1t

Namibië het die potensiaal om meer as 800 ton avokado’s jaarliks te produseer, wat in die land se groeiende vraag kan voorsien. Volgens die Namibiese Akkerbouraad se 2024 Markintelligensieverslag het avokado-invoere toegeneem van 756,9 ton ter waarde van 14,5 miljoen Namibiese dollar in die 2021/22-boekjaar, tot 889,5 ton ter waarde van 16,4 miljoen dollar in 2022/23. Plaaslike produksie bly egter minimaal en maak elke boekjaar minder as een ton uit. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die hoofbestuurder van die Akkerbouraad, Gilbert Mulonda, oor die potensiaal vir Namibië om avokado’s te verbou.

Mulonda deel die uitdagings van avokadoproduksie.