AviaDev Africa kom Windhoek toe

Die Namibië Lughawensmaatskappy het aangekondig dat hy in Junie vanjaar vir die tweede agtereenvolgende jaar die toonaangewende AviaDev Africa lugvaartseminaar gaan aanbied. Die platform is toegewy aan die verbetering van lug-konnektiwiteit na, van en binne Afrika. Bisey /Uirab, die Lughawensmaatskappy se hoof uitvoerende beampte, verduidelik die belangrikheid van die seminaar vir die maatskappy se bedrywighede.