Australiese tiener steel voertuig, dood 3 in kettingbotsing

’n 13-jarige seun is aangekla ná ’n noodlottige motorongeluk wat oornag drie sterftes in Australië se deelstaat Queensland veroorsaak het. Die kind het blykbaar ‘n Mercedes-Benz gesteel en ‘n kettingbotsing veroorsaak met twee ander motors waarin drie mense op die toneel dood is. Nog ‘n passasier is in ‘n kritieke toestand per vliegtuig na ‘n hospitaal afgevoer. Die seun het ligte beserings aan sy voet opgedoen en sal later vandag in die kinderhof verskyn.