Australiese maatskappy, Worley, wil belê in Namibiese groen waterstof-projek
Die hoof uitvoerende beampte van die Australiese energie-firma Worley, Chris Ashton, het gesê dat sy maatskappy gereed is om Namibië se groen Waterstof-teikens te ondersteun. Ashton het vanoggend tydens die ontbytvergadering oor groen waterstof by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, gesê Namibië het ‘n duidelike strategie en met groot natuurlike hulpbronne vir hernubare energie en infrastruktuur vir uitvoer, is Namibië ‘n ontluikende land vir groen waterstof-ekonomie. Ashton het gesê Worley is deel van die oplossing aangesien die maatskappy al dekades lank betrokke is by meer as 200 laekoolstof-energieprojekte en in totaal meer as 3 300 energie-oorgangsprojekte wêreldwyd. Hy het gesê hulle het kundigheid in die produksie, vervoer, berging, verwerking en gebruik van waterstof.