Australiese maatskappy kry uraan-mynlisensie
Bannerman Energy sê hy het die mynlisensie vir sy vlagskip Etango-uraanprojek in die Erongo-streek, sowat 30 kilometer suid-oos van Swakopmund, ontvang. Die Australiese uraan-ontwikkeling maatskappy sê in ‘n verklaring dit het hom in staat gestel om onmiddellik twee sleutelkontrakte met ‘n gesamentlike waarde van 36,8 miljoen Namibiese dollar toe te ken. Een behels die bou van ‘n tydelike konstruksie-watertoevoer en die ander die bou van ‘n terrein-toegangspad. Uraanpryse het hierdie jaar gestyg om byna ‘n 16-jaar hoogtepunt te bereik.