Australiese eerste minister maak vraag na grondwetlike stemming bekend

Australië se eerste minister, Anthony Albanese, het die vraag en grondwetlike amendement vir die regering se Stem na Parlement-referendum bekend gemaak. Indien dit goedgekeur word, sal stemming later vanjaar die Aboriginal and Torres Strait Islander Voice stig. Dis ‘n formele liggaam vir inheemse inwoners om raad op wetgewing te gee. Enige verandering aan die Australiese Grondwet is ‘n geskiedkundige gebeurtenis aangesien daar net agt veranderings sedert 1901 was. Albanese sê talle wag lank hiervoor: