Australië wen T20-reeks teen Nieu-Seeland

Krieket: Australië het Nieu-Seeland met 72 lopies verslaan in die tweede T20 in Auckland. Die besoekers is vir 174 uitgeboul, met Travis Head se 45 die hoogste telling. Lockie Ferguson het vier paaltjies geneem. Maar die oënskynlik maklike teiken was te veel vir die gashere, wat dadelik paaltjies begin verloor het en binne 17 boulbeurte almal uit was vir 102. Adam Zampa het vier slagoffers geëis. Australië het daarmee die reeks beklink, nadat hulle ook die eerste wedstryd gewen het. Die laaste een word Sondag gespeel.