Australië wag op sikloon Ilsa

Australië se buro vir meteorologie het ‘n waarskuwing uitgereik dat ‘n sterk sikloon besig is om aan die kus van Wes-Australië te ontwikkel en die land later vandag of môreoggend sal tref. Tropiese sikloon Ilsa sal die land na verwagting êrens tussen Port Hedland, ‘n belangrike uitvoerhawe vir yster-erts, en Bidyadanga, tuiste van die staat se grootste gemeenskap Australiese inboorlinge, tref. Ilsa is die sterkste storm wat Australië se noordweste tref sedert sikloon Christine in Desember in 2013.