Australië verpletter Windies, wen eendagreeks 3-0

Krieket: Australie het skoonskip gemaak in die eendagreeks teen die Windies deur die besoekers met agt paaltjies te klop in die derde wedstryd in Canberra. Die Windies is in die 25ste beurt vir net 86 uitgehaal. Xavier Bartlett het vier paaltjies geneem en Alick Athanaze se 32 was die hoogste telling. Australië het daarop die teiken binne sewe boulbeurte aangeteken met twee paaltjies plat. Die twee spanne slaan nou oor na T20’s, met die eerste van drie kragmetings wat Vrydag in Hobart plaasvind.