Australië stel sanksies in teen Russe betrokke by Navalny se dood

Australië het finansiële sanksies en ʼn reisverbod ingestel teen sewe Russiese tronkbeamptes. Die land beskuldig die beamptes dat hulle die Kremlin-kritikus, Alexei Navalny, by die Arktiese tronkkolonie mishandel het waar hy vroeër die maand dood is. Die Russiese opposisieleier het 19-jaar-tronkstraf uitgedien vir aanklagte wat deur vele as polities gemotiveerd beskou is. Die adjunkpremier, Richard Marles, sê Australië hou die Russiese president Vladimir Putin en sy regering verantwoordelik vir Navalny se behandeling en dood in aanhouding. Die Kremlin ontken enige betrokkenheid by sy dood.