Australië sê terrorismebedreiging ‘waarskynlik’

Australië het sy terrorismebedreigingsvlak opgeskuif na “waarskynlik”, met die land se top-intelligensie-amptenaar wat sê daar is plaaslik ‘n toename in “ekstreme ideologieë”. Die intelligensiehoof Mike Burgess sê daar is geen aanduiding ‘n aanval is op hande nie, maar die bedreiging vir die volgende twaalf maande het toegeneem. Hy het aan verslaggewers gesê Australië se sekerheidsomgewing gaan agteruit, en is meer plofbaar en minder voorspelbaar. Volgens Burgess is politiesgemotiveerde geweld nou, saam met spioenasie en buitelandse inmenging, hulle belangrikste sekerheidsbekommernis.