Australië maak reg vir sikloon Megan
Australië se Noordelike Gebied en die staat Queensland is versoek om voor te berei vir ‘n tropiese sikloon wat na verwagting in die komende dae aan land sal val. Megan, ‘n kategorie twee-sikloon met wind van tot 155 km per uur sal binnekort die Australiese kus oorsteek as ‘n “ernstige tropiese sikloon”.Weervoorspellers sê Megan kan waarskynlik oor ’n paar uur na kategorie drie toeneem. Almal in die waarskuwingsone is aangespoor om hul eiendomme te beveilig.