Australië klop Skotland, sit Engeland deur na Super 8’s

Krieket: Engeland is deur na die T20-Wêreldbeker se Super 8’s na Australië vir Skotland in St Lucia geklop het. Engeland se vroëre oorwinning van 41 lopies teen Namibië wat deur reën onderbreek is, het beteken Skotland moes wen om te kon deurdring. Australië, wat met vyf paaltjies gewen het, is reeds deur. Indië se laaste groepwedstryd in Florida teen Kanada is weens ‘n nat veld afgelas. Nie ‘n enkele bal is nog by die Broward County-stadion geboul nie, met al drie geskeduleerde wedstryde wat weens reën laat vaar is.