Australië keur eerste steenkoolmyn ná verkiesing goed

Die Australiese regering het die eerste keer sedert sy verkiesing verlede jaar ‘n nuwe steenkoolmyn goedgekeur. Die Isaac River-steenkoolmyn, naby Moranbah, sal na verwagting oor ‘n tydperk van vyf jaar ongeveer 2,5 miljoen ton steenkool lewer. Die metallurgiese steenkool sal in die vervaardiging van staal gebruik word, maar wetenskaplikes waarsku nuwe fossielbrandstof-projekte is nie versoenbaar met globale klimaats-doelwitte nie. Die goedkeuring het kommer by omgewingsgroepe laat ontstaan wat beweer dit sal globale vrylatings verhoog en die habitat van bedreigde spesies beskadig.