Australië het strategie oor elektriese voertuie

Australië se langverwagte nasionale strategie vir elektriese voertuie word na verwagting hierdie week vrygestel. Die minister vir klimaatsverandering en energie, Chris Bowen, sê die plan sal ‘n nasionaal volgehoue, omvattende raamwerk verskaf om na aanbod, vraag en behoeftes vir infrastruktuur vir skoner en goedkoper voertuie te kyk. Hy sê hulle het meer as 500 voorleggings vir die strategie se raadplegings-dokument ontvang, wat meer as 1 500 individue en meer as 200 organisasies verteenwoordig. Bowen sê die doel is dat Australië se verkope van elektriese voertuie tot twee uit elke drie aankope sal haal.