Australië beklink toetsreeks teen Kiwi’s
Krieket: Australië het die toetsreeks teen Nieu-Seeland 2-nul beklink met ‘n spannende oorwinning in die finale wedstryd in Christchurch. Die gashere het ‘n baie swak eerste beurt van net 162 oorkom en in hulle tweede beurt 372 aangeteken. Die besoekers, wat 256 aangeteken het in hulle eerste beurt, moes 279 lopies kry om te wen, en het dit reggekry met net drie paaltjies nog staande. Alex Carey het ‘n onoorwonne 98 bygedra en Mitchell Marsh het 80 lopies geslaan, terwyl Ben Sears vier paaltjies platgetrek het. Australië het die eerste toets in Wellington met 172 lopies gewen.