Aussies verskerp immigrasie-wette

Australië het vanoggend aangekondig dat visumreëls vir internasionale studente en laaggeskoolde werkers verskerp sal word. Dit kan die land se migrante-inname oor die volgende twee jaar halveer. Volgens die nuwe beleide sal internasionale studente hoër graderings op Engelse toetse moet kry en daar sal meer ondersoek ingestel moet word na ‘n student se tweede visumaansoek wat verblyf sal verleng. Eerste minister Anthony Albanese het die naweek gesê Australië se migrasiegetalle moet daal na ‘n volhoubare vlak, en bygevoeg dat die stelsel gebreek is.