Aussies moet stem oor inheemse regte
Duisende mense het vandag in Australië saamgetrek om ‘n veldtog te steun om die land se inheemse mense in die Grondwet te erken, voor ‘n referendum later vanjaar. Dit kom na ‘n onlangse daling in steun vir die erkenning. Die referendum, wat waarskynlik tussen Oktober en Desember gehou sal word, poog om die Grondwet te wysig en ‘n adviesliggaam, Indigenous Voice to Parliament, te stig om die inheemse stamme ‘n direkte sê te gee in beleid wat hulle raak. Eerste Minister Anthony Albanese se senter-linkse Arbeidsregering steun die verandering.