Aussie werkers mag oproepe, e-posse na ure ignoreer

Australië het die Wet op die Reg om te Ontkoppel uitgevaardig, wat werkers magtig om na ure nie-noodsaaklike oproepe en e-posse te ignoreer. Werkgewers kan met tot 1,1-miljoen Namibiese dollar beboet word indien hulle die nuwe reëls verbreek. Volgens eerste minister Anthony Albanese sal hierdie wet produktiwiteit en geestesgesondheid verbeter. Hy voer aan werknemers word nie vir 24 uur per dag betaal nie en hulle hoef dus nie elke dag vir 24-uur aan diens te wees nie. Die wet stem ooreen met soortgelyke wetgewing in Frankryk, Spanje en België.