Aussie-vrou gevind na twee weke vermis op staproete

‘n Vrou wat alleen op ‘n staptog in Australië se Snowy Mountains vermis geraak het, is gedisoriënteerd en beseer gevind nadat ‘n slang haar vermoedelik gepik het. Sy was vir bykans twee weke vermis en owerhede het ses dae lank per lug en per pad, te voet en te perd, na haar gesoek. Die 48-jarige Lovisa Sjoberg is op ‘n staproete suidwes van die hoofstad, Canberra, gevind. Die polisie sê dit is ‘n wonderwerk sy het oorleef ná ‘die ‘n giftige koperkop-adder haar vermoedelik gepik het. Die slang se byt is uiters pynvol en potensieel dodelik.