Aussie Starc is reg vir die T20-Wêreldbeker

Die Australiese snelbouler Mitchell Starc sê hy is gereed vir die T20-Wêreldbekertoernooi ondanks die uitmergelende bo-normale hitte van die Indiese Premierliga. Hy het uitgeblink vir Kolkata Knight Riders in gister se eindstryd teen Sunrisers Hyderabad, wat hulle met agt paaltjies gewen het. Starc het sy hoë prys van byna 55 miljoen Namibiese dollar verdien toe hy 17 paaltjies in 13 wedstryde laat kantel het. Die Wêreldbekertoernooi begin Saterdag in die Karibiese Eilande en Amerika, en Australië se eerste wedstryd is volgende Donderdag teen Oman.