Aussie-sjef verbied vegans, sê hy is sat

Die Fyre Restaurant in Perth het ‘n verbod op vegans geplaas. Dit kom na ‘n klant op sosiale media gekla het dat sy 22 Amerikaanse dollar moes betaal vir ‘n groente dis wat nie lekker was nie. Sy het ook gekla dat daar nie veel veganistiese opsies op die spyskaart is nie. Hoof-sjef John Mountain het op Fyre se Twitter-blad gesê dat alle vegans in die toekoms die restaurant verbied is, weens geestesgesondheids redes. Hy het met CNN gepraat.