Aussie-premier sê busongeluk is ‘uiters tragies’

Nieu-Suid-Wallis se premier, Chris Minns, het ‘n busongeluk waarin tien mense dood en meer as 20 beseer is as ‘n uiters tragiese voorval beskryf. Die passasiers was gisteraand op pad terug van ‘n troue by ‘n wynkelder toe die bus in Wine County Drive naby Greta in Hunter Valley, Nieu-Suid-Wallis omgeslaan het. Die 58-jarige busbestuurder is in hegtenis geneem. Minns sê dis hartverskeurend dat ‘n dag vol vreugde in so ‘n verlies eindig: