Aussie polisie kry oorskot na vermeende krokodilaanval
Die Australiese polisie het menslike oorskot gevind tydens die soektog na ‘n 12-jarige-seun wat hulle glo die slagoffer van ‘n krokodilaanval was. Die seun is Dinsdag laas gesien terwyl hy saam met familie naby ‘n afgeleë dorp in die Noordelike Gebied geswem het. Tot 40 inwoners het die polisie gehelp in hul soektog na die kind. ‘n Polisiesersant het vroeër aan ABC News gesê ‘n krokodil is in die onmiddellike omgewing gesien, maar geen besonderhede verskaf of die reptiel gevind is nie.