Aussie-dieretuin sal nog pandabere kry

Die Adelaide-dieretuin in Australië is ‘n nuwe paar reusepanda’s aangebied in ruil vir die gewilde duo wat die afgelope 15 jaar al in die dieretuin is. Die Chinese premier Li Qiang het die aankondiging by die dieretuin gedoen en Suid-Australië bedank dat hulle so goed vir Wang Wang en Fu Ni gesorg het. Die enigste reusepanda’s in die suidelike halfrond is sedert 2009 in die dieretuin, maar die lenings-ooreenkoms eindig in November.