Aussie-boere slaan munt uit VSA se droogte

’n Daling in Amerikaanse beesvleisproduksie het die deur vir Australië oopgemaak om rekordhoeveelhede vleis uit te voer, sy markaandeel in Noord-Amerika en Asië te vergroot en miljarde dollar na die bedryf te kanaliseer. Australië en die VSA is van die wêreld se grootste beesvleisuitvoerders. Elkeen is verantwoordelik vir ‘n bietjie meer as 10 persent van die wêreldwye beesvleishandel, en stuur elke jaar ongeveer ‘n miljoen metrieke ton ter waarde van sowat 8 miljard Amerikaanse dollar oorsee. Maar, droogtes het Amerikaanse beesgetalle sedert die 1950’s tot hul kleinste laat krimp, wat die land aangespoor het om meer beesvleis in te voer en minder uit te voer.