Aus en sy blomme: Hakahana as jy dit nog wil sien

Die woestyn rondom Aus is in ‘n wonderwêreld van blomme getooi. Daar was voorspellings dat die blomseisoen die jaar baie mooi sal wees asgevolg van die goeie neerslae en selfs sneeu wat die gebied tydens die winter ontvang het. Piet Swiegers van Klein Aus Vista sê besoekers sal moet hakahana en ook stapskoene bring.