Aukus stuur sterk boodskap aan China, Rusland

Australië gaan kernaangedrewe duikbote kry volgens ‘n ooreenkoms wat met die Verenigde Koninkryk en Amerika aangegaan is, as deel van die Aukus-vennootskap tussen die drie lande. Daar word berig dat Amerika en die Verenigde Koninkryk van 2027 af ‘n klein aantal kernaangedrewe duikbote by ‘n vloot-basis in Perth in Wes-Australië sal hou. Daarna sal Australië in die vroeë 2030’s drie Amerikaanse Virginia-klas duikbote aanskaf met die opsie om nog twee te koop. Hierdie ooreenkoms is daarop gemik om as teenvoeter te dien vir China se invloed in die Indo-Pasifiese streek.