August 26 se twee bestuurders skuldig bevind
Plaaslike media berig dat die besturende direkteur van August 26 Salatiel Ntinda en die maatskappy se finansiële bestuurder Karel Nel skuldig bevind is na hulle skorsing en ‘n ondersoek by die maatskappy gelas is. Die twee was ondersoek in verband met die verdwyning 2,5 miljoen Namibiese dollar. Die twee is in Junie geskors nadat daar bevind is die fondse is sonder enige goedkeuring oorbetaal aan Penda Enterprises. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die ministerie van verdediging, Petrus Nathinge is ook as voorsitter van die raad in Junie verwyder nadat daar bevind is hy was deel van die transaksie. August 26 is die kommersiële vertakking van die Namibiese-weermag. Die is nie die eerste keer wat die maatskappy twyfelagtige transaksies het nie en hy kom gereeld onder skoot omdat hy met openbare fondse werk maar weier om rekenskap te doen oor sy besteding.