Auckland verklaar noodtoestand na oorstromings
Die stad Auckland in Nieu-Seeland het ‘n noodtoestand afgekondig nadat stortreën wydverspreide oorstromings tot gevolg het. Swaar reën het huise beskadig en treindienste ontwrig. Nooddienste soek na ‘n hoërskoolleerling wat in ‘n oorstroomde grot noord van die stad vermis geraak het. Die oorstromings kom in gebiede regoor Auckland voor wat nog probeer herstel ná ‘n vloedramp wat die provinsie einde Januarie getref het. Die stad Auckland se onderburgemeester, Desley Simpson, sê die ramp is ‘n noodtoestand wat besig is om te ontvou.