Auasblick-staproete: Bly weg na donker!

‘n Herrie het losgebars nadat Namibia Wildlife Resorts se uitvoerende hoof, dr. Matthias Ngwangwama, by die Auasblick-staproete gevind is nadat hy met ‘n mes gesteek en van sy voertuig en selfoon beroof is. Die publiek sê die roete is ’n misdaadbrandpunt en mense kan net veilig in groepe van vier of meer mense daar stap. Kosmos 94.1 Nuus het met inspekteur Silas Shipandeni van die Namibiese Polisie gepraat, wat sê daar is talle gevalle aangemeld van mense wat in die gebied aangeval is. Hy het ‘n spesiale boodskap vir die publiek.