ATM wil Phala Phala-verslag laat tersyde stel

Die African Transformation Movement het hofstukke by die Hooggeregshof in Gauteng ingedien om openbare beskermer Kholeka Gcaleka se Phala Phala-verslag tersyde te laat stel. ATM se president, Vuyo Zungula, voer aan Gcaleka se ondersoek na president Cyril Ramaphosa se optrede was gebrekkig en is beïnvloed deur ‘n belange-botsing. Hy beweer die uitkoms was vooraf bepaal en die ondersoek was nie deeglik nie. Hy lig swak prosedure uit en bevraagteken die integriteit daarvan.