ATM veroordeel nuwe SAL-raad

Die African Transformation Movement het die aanstelling van ‘n nuwe raad vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens veroordeel. Die nasionale woordvoerder, Zama Ntshona, sê belanghebbendes is ook nie geraadpleeg oor Takatso se aanstelling as ‘n privaat vennoot nie. Hy beskuldig die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, daarvan dat hy korrupsie toesmeer. Ntshona sê bewerings van korrupsie, finansiële onreëlmatighede en wanpraktyke rondom die verkoop van die lugdiens moet ondersoek word.