Atletiek: Wayde teleurgesteld in sy laaste plek

Atletiek: Wayde van Niekerk van Suid-Afrika het laaste geëindig in die mans 400 meter eindronde by die Wêreld-atletiek-kampioenskap in Boedapest. Hy het in die binnebaan gehardloop en ‘n tyd van 45,11 sekondes aangeteken, wat meer as twee sekondes stadiger as sy wêreldrekord is. Antonio Watson van Jamaika het die wedren in ‘n tyd van 44,22 sekondes gewen, met die Brit Matthew Hudson-Smith en die Amerikaner Quincy Hall onderskeidelik tweede en derde. Van Niekerk, wat as Suid-Afrika se beste kans op ’n medalje in Boedapest beskou is, sê hy is teleurgesteld.