Atletiek Suid-Afrika loop deur oor Caster

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid steun die tweemalige Olimpiese kampioen Caster Semenya se stryd teen testosteroonregulasies by die Europese Hof vir Menseregte en beskou dit as ‘n vorm van marteling, rassisme en geslagsdiskriminasie. Hy betoog Semenya se behandeling skend haar persoonlike privaatheid, waardigheid en menseregte. Die voorsitter van die kommissie, Nthabiseng Sepanya-Mogale kritiseer ook Atletiek Suid-Afrika vir die outomatiese verbod op Semenya se deelname: