Atletiek: SA 4×100 m-aflosspan vir mans in eindronde

Atletiek: Suid-Afrika se hoop op ‘n medalje by vanjaar se atletiek wêreldkampioenskap in Boedapest, het gisteraand weer bietjie opgeflikker. Die Suid-Afrikaanse 4x-100 meter-aflosspan vir mans het vir die eindronde van die aflos gekwalifiseer. Hulle was tweede in hul uitdun, wat deur die Italiaanse span gewen is. Die Suid-Afrikaners se  tyd van 37,72 sekondes was vyfde vinnigste, maar komma-nul-sewe sekondes is al wat die vyf vinnigste spanne van mekaar skei. Die eindronde is vanaand om twintig voor tien.