Assange se regstryd na verwagting vandag op ‘n einde
’n Britse hof sal na verwagting vandag ’n finale beslissing gee oor of WikiLeaks se stigter Julian Assange aan die Verenigde State uitgelewer moet word oor die massa-uitlek van geheime Amerikaanse dokumente. Dit sal ‘n afsluiting bring na 13 jaar se regstryd. Twee regters by die hof in Londen sal beslis of die hof tevrede is met die Amerikaanse versekering dat die 52-jarige Assange nie die doodstraf opgelê sal word nie en kan staatmaak op die Eerste Wysigingsreg op vrye spraak as hy deur ‘n Amerikaanse verhoor te staan kom vir spioenasie.