Assange kan appelleer teen uitlewering-uitspraak 

Die stigter van WikiLeaks, Julian Assange, het ‘n aansoek gewen om te appelleer teen ‘n Britse hofuitspraak wat sy uitlewering aan Amerika goedgekeur het, om verhoor te word vir die oortreding van nasionale veiligheidswette. Twee regters van die Hooggeregshof in Londen het Assange toestemming verleen om te appelleer, nadat hulle Washington voorheen gevra het om bevredigende versekering te gee oor vrye spraak-beskerming by enige Amerikaanse verhoor. Assange word as hoof van die verklikkers-organisasie WikiLeaks deur Washington gesoek, vir die publisering sedert 2010 van honderde-duisende geheime Amerikaanse dokumente.