Askies, kom weer, mnr. President?

Aanmerkings deur president Nangolo Mbumba het wenkbroue laat lig. Hy het ‘n besoek in Angola afgelê en lofliedere gesing oor die land se oliebedryf.

Angola se staatsbeheerde Sonangol-oliemaatskappy het gelei tot ontelbare skatte vir oudpresident Eduardo dos Santos en sy kamerade, en sy dogter Isabel, was die rykste vrou in Afrika. Navorsing het destyds getoon dat die korrupsie so erg verdiep het dat die sewe rykste mense in die buurland almal in die regering was.