Asiatiese markte daal weer weens Trump-vrese

Asiatiese markte het weer gedaal weens handelaars se kommer oor die uitwerking van Donald Trump se Amerikaanse presidentskap op die Chinese en globale ekonomieë. Vrese bestaan sy beleid kan ook inflasie in Amerika aanwakker. Die vooruitsig van stygende pryse as gevolg van belastingverlagings, invoertariewe en ‘n verslapping van regulasies, het die dollar nuwe aansporing gegee. Handelaars hou bitcoin ook dop nadat dit die eerste keer baie na aan die kerf van 90 000 Amerikaanse dollar gekom het, hoewel waarnemers seker is die geldeenheid sal 100 000 dollar bereik weens Trump se pro-kripto-veldtogbeloftes.