As Ruacana kragstasie sterk werk, is krag goedkoper

Volgens die maandelikse elektrisiteit sektorale verslae van die Namibië Statistiekagentskap, het plaaslike elektrisiteitsopwekking in November verlede jaar 177 168 megawatt uur beloop, met Ruacana Kragstasie wat 77,6% bygedra het. As gevolg van onvoldoende plaaslike opwekking, is 210 293 megawatt uur elektrisiteit ingevoer. Kosmos 94.1 Nuus het met Abraham Angula, die adjunkdirekteur vir energiebeplanning en navorsing by die energie-ministerie gesels oor wat die huidige hoë volume watervloei in die Kunene-rivier beteken vir die Ruacana kragstasie en hoeveel elektrisiteit opgewek word.

Op ‘n vraag oor hoe dit die hoeveelheid elektrisiteit wat Namibië moet invoer beïnvloed en dus ook die prys van elektrisiteit, antwoord Angula.