As Putin genoeg gedruk word, sal hy kernwapens gebruik – kenner

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder professor Andre Duvenhage sê President Vladimir Putin sal nie huiwer om kernwapens te gebruik nie, maar voeg by dat hy nog nie in daardie posisie geplaas is nie. Sy aanmerkings kom te midde van toenemende spanning tussen Amerika en Rusland. Amerikaanse owerhede het landsburgers in Rusland ook gevra om daardie land te verlaat. Die spanning handel oor die anneksering van die vier Oekraïnse streke van Luhansk, Donetsk, Zaporizhzhia en Kherson, deur die Kremlin. Terwyl die VSA Putin gewaarsku het om nie die gebied te annekseer nie, blyk dit asof Rusland hom daaraan afvee omdat voorbereidings vir die aankondiging reeds op die Rooi Plein in Moskou getref word. Duvenhage gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Hy voeg by daar is reeds ‘n impak…