As landbou goed doen, doen baie Namibiërs goed

Die landbouminister Calle Schlettwein het by vanoggend by ‘n simposium in die hoofstad die belangrikheid van landbou vir Namibië beklemtoon. Die hoofdoel van die byeenkoms is die posisionering van die sektor en inklusiewe ontwikkeling. Schlettwein sê daar is baie uitdagings maar, as dit goed gaan met landbou dan gaan dit goed met Namibië.