As jy Antarktika wil besoek, woeker, daar’s net 250 plekke

Ultima Antarctic Expeditions het besprekings vir sy komende Antartika-seisoen tussen November 2024 en Februarie 2025 geopen met slegs 250 beskikbare sitplekke. Gaste vertrek van Kaapstad en bereik die binneland van Antartika binne slegs 5,5 uur. Van die beskikbare sitplekke is slegs 100 vir die mees eksklusiewe ervaring van ‘n leeftyd: die Suidpool en Emperors-ekspedisie. Dit sluit besoeke in aan antieke ysgrotte en pikkewyn-besigtiging in hulle natuurlike habitat. Die uitvoerende hoof van Ultima Antartic Expeditions, Riaan Aucamp, sê die ekspedisies skep toekomstige Antarktiese ambassadeurs.